| |||||
Nasionale leuse: الله، الوطن، الملك (Arabies) Allāh, al-Waṭan, al-Malik ⴰⴽⵓⵛ, ⴰⵎⵓⵔ, ⴰⴳⵍⵍⵉⴷ (Berbers) Akush, Amur, Agllid (Afrikaans: "God, Vaderland, Koning") | |||||
Volkslied: النشيد الوطني المغربي (Arabies) ⵉⵣⵍⵉ ⴰⵏⴰⵎⵓⵔ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ (Berbers) (Arabies vir: "Cherifiese volkslied") | |||||
Hoofstad | Rabat | ||||
Grootste stad | Casablanca | ||||
Amptelike tale | Arabies en Berbers | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie[1] Mohammed VI Aziz Akhannouch | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Idrisid-dinaste (stigting) • Alaouite-dinaste (hede) • Protektoraat gestig • Protektoraat afgeskaf |
788 1631 30 Maart 1912 7 April 1956 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
446 550 of 710 850 km2 (57ste of 39ste) 172 410 of 274 460 myl2 0,056 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
37 112 080[2] (39ste) 33 848 242[3] 50,0 / km2 (122ste) 129,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,686[5] (121ste) – medium | ||||
Gini (2013) | 39,5[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Dirham (MAD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) WAST (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .ma | ||||
Skakelkode | +212 |
Marokko (Arabies: المغرب, al-maġhrib, letterlik "plek waar die son sak", "plek van sononder" of "die weste"; Berbers: ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, lmeɣrib; Frans: Maroc), amptelik die Koninkryk Marokko (Arabies: المملكة المغربية, al-mamlakah al-maghribiyah, letterlik "die westelike Koninkryk"; Berbers: ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, tageldit n lmaɣrib; Frans: Royaume du Maroc), is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis.[7]
Wes-Sahara is grotendeels onder die gesag van Marokko, die gebiede wat nie deur Marokko beset word nie, vorm deel van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara wat deur die Polisario gelei word. Weens die konflik om Wes-Sahara het Marokko op 12 November 1984 van die Organisasie vir Afrika-eenheid onttrek en daarmee die enigste land van Afrika geword wat nie 'n lidland van die Afrika-unie was nie. In 1987 het Marokko vir lidmaatskap by die Europese Gemeenskap, die voorganger van die huidige Europese Unie, gevra, maar is weens sy ligging in Afrika afgewys. Op 30 Januarie 2017 het Marokko ondanks die Wes-Sahara-konflik 'n lid van die AU geword.[8]
Marokko het 'n oppervlakte van 446 550 (sonder Wes-Sahara) of 710 850 (met Wes-Sahara) en 'n bevolking van 33 250 000 in 2014 gehad. Die hoofstad is Rabat en die grootste stad is Casablanca. Ander groot stede sluit in Fes, Marrakesj en Tangier. Marokko se sentrale streek word deur die Atlasgebergte beheer.